Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools
Log in
You are here: Home News Culture In gesprek met Louis Loock

In gesprek met Louis Loock

Dayne Elizabeth Nel praat met Louis Loock van Romanz oor sang, koningklike troues en Hermanus.
In gesprek met Louis Loock

Louis Loock

Louis Loock van Romanz spog nie net met ’n kragstem nie, maar het ook vele ander talente wat hy graag met die wêreld, sowel as sy aanhangers in die Overberg wil deel. Ek het hom ’n paar vrae gevra om hom beter te leer ken.

Louis, voordat jy by Romanz aangesluit het, was jy ’n solokunstenaar. Vertel ons daarvan?

Ek het drama gestudeer en direk daarna begin klasgee aan die Universiteit van Stellenbosch. Terselfdetyd het ek begin om op my eie vertonings te hou en toe ek genoeg naam vir myself opgebou het, het ek dit voltyds begin doen. Ek gaan eendag weer teruggaan na my drama en toneelspel, want ek mis dit te veel! Maar ek sal dit kombineer met my sang.

Het jy enige solo CD’s vrygestel?

Ek het, ja.  Maar ek het dit nog nie laat druk nie, aangesien ek nie tans as solokunstenaar optree nie. Eendag weer.

Hoe het jou sangloopbaan begin?

Ek het sanglesse by Nellie du Toit geneem, en moes ’n keuse maak of ek oorsee ’n loopbaan gaan volg en of ek in Suid Afrika gaan bly.  Ek het Suid Afrika gekies.  Ek het grootgeword met musiek in my are, so het van kleins af gesing en toneel gespeel.

Waarvoor het  jy ’n passie in die lewe?

Ek het ’n passie vir ’n strewe na waarheid en gelykheid asook geregtigheid.  Ek glo elke persoon op aarde het ’n plekkie en funksie.

Jy kry hierdie vraag seker baie, maar hoe het dit gevoel om by Charlene Wittstock se troue te sing?

Dit was baie lekker, want niemand kan dit van ’n mens wegvat nie.  Die feit dat ek Afrikaans op ’n koninklike troue gesing het, nog beter.  Ek sal dit koester vir solank ek leef.

Jy tree nie net op nie, jy is ook ’n skrywer. Vertel ons ’n bietjie daarvan?

Ek publiseer my eie skryfwerk, en het reeds ’n kortverhaalboek, ’n Plekkie Onder Die Son, op die rakke.  My tweede boek, ’n roman, sal volgende jaar teen Junie gepubliseer word.  Ek het my hele lewe lank ’n diepgewortelde liefde vir my taal!  Dit was te danke aan my Afrikaanse onderwysers Mev Lötter en juffrou Viljoen, dat ek vandag myself as ’n skrywer ook sien.  Hulle passie vir die taal, het my aangesteek.

Waar kan aanhangers jou werk in die hande kry?

Mense kan my skilderye en boeke bestel by my webtuiste www.louisloock.co.za

Laastens, Romanz het onlangs in Hermanus opgetree. Hoe het julle die gehore in Hermanus ervaar?

Hermanus bly altyd ’n hoogtepunt.  Nie net is die mense vriendelik nie, maar die omgewing is beeldskoon! Elke keer wat ons in Hermanus was, het ons nog walvisse gesien!

Besoek gerus Louis se webtuiste www.louisloock.co.za om meer te lees en leer oor sy skryf en skilderwerk.

Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Mike Graham
Johan Kruger
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Deon Swart
Lucia Lamprecht
Paul Boshoff
Petrovna Metelerkamp
Rob Fryer
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Philip Gordon
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box