Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools
Log in Register
You are here: Home News Conservation Robbe by Kleineiland

Robbe by Kleineiland

ʼn Kolonie van robbe is sedert die begin van Desember by Kleineiland, net verby Die Gang, opgemerk.

Daar is om en by 80 robbe getel, maar vele meer kan nog agter die rotse wegkruip en in die water baljaar. Dit is ʼn asemrowende belewenes om die hele kolonie saam te sien.

Jong  robbe en hulle ouer garde lê saam op die rotse en bak. Die meer avontuurlustiges swem in die rowwe golwe wat om die eiland breek.

Verskeie toeriste en plaaslike inwoners van Hermanus stop op die wandelpaadjie om hierdie ongelooflike gesig te aanskou.

Kommer word wel uitgespreek dat die teenwoordiheid van die robbe witdoodhaaie sal lok.

ʼn Jare lange inwoner van Hermanus het wel gevra hoekom die robbe hul tuiste nou op Kleineiland geskep het. Dit is die eerste keer dat sy dit opgemerk het.

Nietemin, Hermanus het nou ook sy eie Robbe Eiland en hul toertjies sal jou beslis beïndruk.

Comments (0)

High 5

Click on the logo above to find out about the "High 5" fundraising initiative. Lots of prizes to be won and the satisfaction of making a real difference in your community!

Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box